Penguin Random House South Africa

Categories: Afrikaans, Fiction, Local Fiction, Romance, Adult
ISBN: 9780799343434
Published: February 2010
Page Extent: 312
Format: Paperback
RRP 350.00

Veilige hawe

Formats & Editions

Product Image
Paperback
Product Image
e-Book
About the book

Veilige hawe is ’n heruitgawe van twee van Irma Joubert gewildste romanses.

Vonkpos vir die hart: Hy noem haar ‘meisiekind’ – soms. Maar Liezl kry die muur om hom nie afgebreek nie. Pieter Naudé is nie ’n maklike man nie. Die pyn na die moord op sy gesin verstaan sy. Sy het self haar man verloor. Tog raak sy lief vir hom. Na wie luister sy, haar hart, of haar verstand?

’n Beskermengel vir Marlene: Haar pa het haar geleer: pasop vir mans en pasop veral dat jy nie goedkoop raak nie. Op drie en twintig is Marlene skielik ’n weduwee. Sy’s bang en sy vertrou niemand. Tot Adolf opdaag. Haar bang word vertroue. Sy erken dat sy hom liefhet. Baai haar in sy omgee, sy sorg … Tot die verlede hulle inhaal.

About the Author

Irma Joubert

Irma Joubert

Irma Joubert is gebore en getoë in die Bosveld (Nylstroom) en het aan UP studeer. Sy het vir 35 jaar onderwys gegee (Afrikaans en Geskiedenis vir senior sekondêre leerders) voordat sy einde 2004 afgetree en begin skryf het. Sy publiseer verskeie artikels en kortverhale in tydskrifte en word in 2005 aangewys as Media24 se “Spesialis Joernalis van die Jaar”. Beide haar Tussen stasies-trilogie en haar Pontenilo-trilogie, asook die eerste boek van haar Oorlogstrilogie, naamlik Immer wes, is in Nederlands vertaal waar dit telkens onder die topverkopers tel. Vier van haar boeke is reeds in Duits vertaal en HarperCollins in Amerika het The girl from the train (Tussen stasies) in 2015 wêreldwyd bekend gestel. Irma se stokperdjies is lees en kook, veral buitelug kokerasies. Haar gunsteling vakansieplek is die boendoes: woestyn-boendoes, Transkei-boendoes, Bosveld-boendoes, Afrika-boendoes.

Read more

More titles by this author

×