Penguin Random House South Africa

Categories: Afrikaans, Contemporary Fiction, Fiction, Local Fiction, Adult
ISBN: 9781776357536
Published: April 2014
Page Extent: 312
Format: e-Book
RRP 270.00

Verbode drif

Formats & Editions

Product Image
Paperback
Product Image
e-Book
About the book

Sy’s ʼn boeremeisie, hy ʼn Jood. ʼn Boerejood, ja, maar nogtans ʼn Jood. Vir hulle liefde is daar geen toekoms as hulle dit nie self skep nie.
Terwyl hulle jonk is, dink hulle nie aan die toekoms nie, leef hulle vir die nou, glo hulle die verskille kan oorkom word. En Izak Katz, weet Elizabeth, maak altyd ʼn plan. Altyd. Hy, met sy lag, sy terg, die sagtheid in sy oë. Die paadjie wat aan hulle toebedeel is, is ongelyk. Soos die middelmannetjie in die drif. Hulle weet van mekaar vermy, van voorgee sodat niemand iets vermoed nie. Van wag. En van liefhê … Totdat Elizabeth gedwing word om ʼn doodsbelofte te maak. En sy weet, sy wéét, hierdie keer is dit verby, nie eers Izak sal nou meer raad hê nie.

About the Author

Irma Joubert

Irma Joubert

Irma Joubert is gebore en getoë in die Bosveld (Nylstroom) en het aan UP studeer. Sy het vir 35 jaar onderwys gegee (Afrikaans en Geskiedenis vir senior sekondêre leerders) voordat sy einde 2004 afgetree en begin skryf het. Sy publiseer verskeie artikels en kortverhale in tydskrifte en word in 2005 aangewys as Media24 se “Spesialis Joernalis van die Jaar”. Beide haar Tussen stasies-trilogie en haar Pontenilo-trilogie, asook die eerste boek van haar Oorlogstrilogie, naamlik Immer wes, is in Nederlands vertaal waar dit telkens onder die topverkopers tel. Vier van haar boeke is reeds in Duits vertaal en HarperCollins in Amerika het The girl from the train (Tussen stasies) in 2015 wêreldwyd bekend gestel. Irma se stokperdjies is lees en kook, veral buitelug kokerasies. Haar gunsteling vakansieplek is die boendoes: woestyn-boendoes, Transkei-boendoes, Bosveld-boendoes, Afrika-boendoes.

Read more

More titles by this author

×