Vanaf die verskyning van Dogter van Jefta, op agtien jaar, was Antjie Krog op pad om een van die hoogs aangeskrewe en mees gelese Afrikananse digters te word. Byna veertig jaar later kom sy met ? bundel wat ouer-word karteer, met verse wat die grense tussen liriek en bieg, die persoonlike en openbare, uitwis. Verweerskrif is ? bundel wat aftakeling en verwering vreesloos en ekstaties in die oog staar. In haar unieke stem beskryf Krog die taboes in die verskuiwende gemoedstoestande van die menopouse woedend en intens. Intieme verhoudings ondersoek sy skreiend eerlik; soms konfronterend, maar dikwels op soek na vesoening. In die laaste, meer bepeinsende gedeelte word die intens persoonlike getemper. Die fokus verskuif na Tafelberg - ? durende alomteenwoordigheid wat oor vier...
Antjie Krog is gebore en word groot in die Vrystaat. Sy was sewentien toe haar eerste digbundel verskyn. Hierna volg ’n verdere dertien bundels. Sy was redakteur van die politieke tydskrif Die Suid-Afrikaan en werk later as radiojoernalis. Sy is internasionaal veral bekend vir haar boek Country of my skull, ’n persoonlike verslag van die Waarheid-en-versoeningskommissie. Vir haar joernalistieke werk is sy met die Pringle-toekenning bekroon. Sy is ook die skrywer van ’n Ander tongval en Begging to be black. Krog ontvang die belangrikste toekennings in die genres waarin sy werk: poësie, niefiksie en vertaling, onder meer die Eugène Marais-prys, die Hertzogprys, die Alan Paton-prys en die Olive Schreiner-prys. Sy is vereer met die Hiroshima Peace Culture Foundation se Stockholm-toekenning, die Sentraal-Europese Universiteit se Open Society Prize en die Nederlandse Gouden Ganzenveer. Sy is getroud met die argitek John Samuel.
Read more