Penguin Random House South Africa

Categories: Afrikaans, Children, Children's Fiction, LAPA Kinder & Jeug, Local Non-Fiction, Teen, Coming Soon!, Kinder & Jeug
ISBN: 9780637012126
Published: August 2026
Page Extent: 184
Format: e-Book
RRP 185.00

Die meisie met die groen jas

Formats & Editions

Product Image
Paperback
Product Image
e-Book
About the book

’n Jaar nadat die De Wits uit Suid-Afrika na Engeland getrek het, sukkel Ahmed nog om sy voete te vind. Die skoolhoof se seun is mislik met hom, en hy sukkel om die Britse meisies te verstaan. Sy nuwe skaduwerk by die museum gee hom darem hoop vir ’n sosiale lewe met meer aksie as ’n trapsuutjies wat van tak verwissel.

Maar dis net daar waar die moeilikheid begin.

Dit kon tog nie hy wees wat die brand gestig het nie? Maar hoe kan hy sy onskuld bewys in ’n vreemde land wanneer getuienis teen hom bly opstapel?

En wie is die beeldskone maar vreemde meisie met die groen jas?

Soos Ahmed vergeefs spartel om uit die moeilikheid te bly, word die geheimsinnige meisie die spil waarom sy lewe draai.

A year after the De Wits moved to England from...

About the Author

Annelie Ferreira

Annelie Ferreira

Annelie Ferreira is 'n taalpraktisyn, skrywer van artikels en rubrieke - en ook die skrywer van pryswenner jeugromans.

Behalwe vir 'n paar vroeë jare in Kimberley en Johannesburg, het Annelie Ferreira tussen Bellville en Durbanville in die Kaap grootgeword. Sy matrikuleer aan die Hoërskool Bellville, en behaal 'n BA aan die Universiteit van Stellenbosch, asook 'n Nagraadse Diploma in Vertaalkunde.

Sy werk voltyds as taalpraktisyn en subredakteur by Sanlam se Taaldienskantoor en Human & Rousseau Uitgewers vir 'n paar jaar, en werk daarna deeltyds en vryskut vir 'n verskeidenheid uitgewers en publikasies.

Sy skryf artikels en rubrieke vir 'n verskeidenheid publikasies. Sy tree op as samesteller en nie-fiksieskrywer, maar sy is veral beken vir haar pryswenner jeugromans. Annelie wen die Sanlam-prys vir jeuglektuur twee keer in 2012 en 2013. Sy ontvang ook die M.E.R.-prys vir jeuglektuur in 2013.

In 2024 wen sy LAPA se jeuglektuurkompetisie met Dit het alles begin by 'n hond. Die verhaal word ook bekroon met 'n SALA-toekenning in 2024.

Read more

More titles by this author

×