Nadat Karmen ’n vliegtuigongeluk in Spanje oorleef waarin haar ouers sterf, blameer haar ouma haar. Ná matriek vlug Karmen na Europa en leef soos ’n sigeuner sonder wortels.
Dertien jaar later dwing haar ouma haar terug na Barcelona, sodat Karmen met ’n ryk losbol moet trou. Dwalend in Barcelona se strate, ontmoet Karmen vir Marco, ’n straatmusikant wat haar liefde vir musiek en die lewe laat herleef.
Maar sy sal haar verlede en skuldgevoelens moet konfronteer as sy weer geluk wil vind.
René van Zyl is ’n skrywer, blogger, oudjoernalis, en aweregse Mevrou Dominee. Sy en haar predi-kantman het twee volwasse dogters en ’n breingestremde seun. Hulle woon op ’n plaas in die skadu van die Magaliesberg op Hartbeespoort.
Read more