“Wag nou, luister net na my ...” Linka spring opgewonde van die bed af. “Wat daarvan as ons drie ’n styling-agentskap begin.”
“’n Wát?” Didi bars uit van die lag.
“Jy kan maar lekker lag, Didi – ek dink dis ’n moewiese plan. Sê nou maar die laerskool bied ’n konsert aan en die juffrou wil graag die graadeens soos pampoene aantrek, dan kan sy na ons toe kom. Of sê nou ou Henco Smit wil ’n keertjie Meidans toe gaan, maar hy weet nie wat om te doen en hoe om aan te trek nie, dan kom hy na ons toe ...”
’n Funky agentskap wat partytjies reël, fantastiese klere ontwerp en modewenke gee.
Talia, Didi en Linka besluit dit is presies wat die skool nodig het.
Maar as jy in graad tien is, is dit nie kinderspeletjies om...
Solet Scheeres is a middle school teacher in Drunen, The Netherlands, where she also lives with her family. She is mainly a writer of children's and young adult fiction in Afrikaans. Her well-loved book, The Lion Tamer's Assistant, was translated in 2017. Solet has also published a manual, Jou kind en verlies, helping parents and teachers to assist children when they experience loss.
Read more