Penguin Random House South Africa

Categories: Children, Children 6-9 Years, Children's Non-Fiction, Klaskameraad, Local Non-Fiction, Afrikaans
ISBN: 9780639603995
Published: November 2021
Page Extent: 24
Format: Paperback
RRP 65.00

Magriet se eierbesigheid

Formats & Editions

Product Image
Paperback
Product Image
e-Book
About the book

Nina en Magriet die hoender is beste maats en het allerhande avonture saam! In Magriet en Billie kom kuier Billie vir Nina. Net voor hulle lekker begin speel, jaag Magriet skielik op Billie af ... Om en om hardloop hulle. Hoekom op aarde jaag Magriet vir Billie? In Magriet se eierbesigheid besef Nina dat sy en Magriet saam ’n besigheid kan begin. Magriet lê elke dag ’n eier en so word “Lê-’n-eier” gestig. Dit laat Nina groot drome droom oor eendag as sy groot is ...

About the Author

Melanie Tait

Melanie Tait

Melanie Tait werk al vir langer as vyftien jaar in die wêreld van kommunikasie, hetsy in druk- of in oudiovisuele medium. Sy het ’n passie om nuwe maniere van storievertel te ondersoek en te sien hoe stories en mense aanmekaar kan aanvul en vasweef. Die Magriet-reeks is gebaseer op die ware avonture van die skrywer se dogter, Nin, en haar hoenders, Matilda en Siena.

Read more
Linki Brand

Linki Brand

Linki Brand hou van teken en stories. Sy is tydens die 1980’s in Potchefstroom gebore. Sy spandeer haar kinderdae in Pretoria en later Venterstad in die Bo-Karoo. Sy gaan studeer BA Grafiese Ontwerp aan die Noordwesuniversiteit en raak in die geheim opgewonde oor illustrasiewerk. Linki het vryskutwerk gedoen vanuit Bloemfontein, Hermanus en daarna Bettysbaai, Greyton. Later emigreer sy saam met haar gesin na Penicuik, Skotland. Linki, haar man, Werner, dogtertjie, Fia en seuntjies, Ben en Lukas, bly tans in Bergen, Noorweë.
Verskeie van Linki se illustrasies verskyn in internasionale kinderboeke asook in die boeke van plaaslike skrywers soos Jaco Jacobs, Fanie Viljoen, Leon de Villiers en Wendy Maartens. In 2018 het sy onder andere illustrasies vir twee kinderboeke in die Verenigde Koninkryk gedoen en 'n strokiesprent in die 24 Panels bundel gepubliseer. Sy is ook in 2021 aangewys as een van die finaliste vir die Pendoringtoekenning vir haar ontwerpe.

Read more

More titles by this author

×