Penguin Random House South Africa

Categories: Children, Children 6-9 Years, Children's Non-Fiction, Local Non-Fiction, Afrikaans
ISBN: 9781775848936
Published: March 2024
Imprint: Struik Nature
Page Extent: 64
Format: Paperback
RRP 190.00

Soogdier-Safari Aktiwiteitsboek

Formats & Editions

Product Image
Paperback
Product Image
e-Book
About the book

Hierdie prettige aktiwiteitsboek is propvol speletjies, blokraaisels, doolhowe en kopkrappers oor Afrika se soogdiere, asook interessante het-jy-geweet-brokkies. Meer as 70 verskillende spesies pryk op die blaaie: van die yslike olifant tot die kleine duinmol. Dié kleurvolle, aangrypende boek is ideaal vir kinders tussen ses en nege. Dit tref ’n goeie balans tussen eenvoudige aktiwiteite, soos ‘vind die pad deur die doolhof’ en ‘soek die verskille’, en meer uitdagende kopkrappers. Soos kinders lees en leer oor Afrika se diere, kan hulle taaier raaisels oplos: watter welpie behoort aan die luiperd en watter aan die jagluiperd? Is hierdie bok ’n ram of ’n ooi? Kan jy die sterte by die regte koppe pas? Hierdie aktiwiteite vuur jong natuurliefhebber se verbeelding...

About the Author

Heléne Booyens

Heléne Booyens

Heléne Booyens het van kleins af hondjies en perde in die kantlyne van haar skoolboeke gekrabbel. Vandag is sy 'n skrywer en illustreerder, asook 'n redakteur by Penguin Random House Suid-Afrika. Sy het honneursgrade in Bewaringsekologie en Joernalistiek aan die Universiteit Stellenbosch, en 'n lisensie om slange te vang en hervestig.

Read more

More titles by this author