Skreeu en ander verhale: ’n handleiding dien as 'n hulpmiddel vir onderwysers. Die handleiding bevat ’n wye verskeidenheid van vrae en aktiwiteite vir die klaskamer met die doel om die leerder se begrip van die kortverhale in Skreeu en ander verhale te verbeter.
Marieta Nel, ’n voormalige onderwyseres, is ’n kenner op die gebied van letterkundeopvoeding op skoolvlak. Sy het verskeie hoog-aangeskrewe studiegidse geskryf en is die medesamesteller van die gewilde kortverhaalbundels Sweef, Skreeu en Die Perfekte Brander.
Read moreNa 'n loopbaan as hoërskoolonderwyser is Adinda Vermaak 'n vakadviseur vir Afrikaans in die Wes-Kaap Onderwysdepartement. Behalwe haar vernuf in Afrikaans, het sy ook 'n belangstelling in geskiedenis waarin sy 'n meestersgraad verwerf het. Sy is die skrywer en medeskrywer van vele opvoedkundige boeke. Verder is sy die aanbieder van verskeie landswye werkswinkels oor redenaarsvaardighede, kreatiewe skryfwerk en hoe om hoërskoolleerders met leesprobleme te ondersteun.
Read more