Resep: Onthoukos deur Tiaan Langenegger
Vir sjef Tiaan Langenegger was dit sedert sy kinderjare ’n droom om sy eie kookboek te hê. Vandat hy op dertienjarige ouderdom Jamie Oliver se eerste kookboek, The Naked Chef, gesien het, het hy geweet dit is wat hy ook wil doen – hy wil met kos werk en ’n seleb wees – dis nou voordat hy besef het wat laasgenoemde regtig behels!