Hy gee nog ’n tree nader en sy kan sien sy oë is definitief die kleur van tropiese woude. ‘Nie solank as wat die begeer te net begeerte bly nie.’ Shit, sy dink nie haar longe kan meer w erk nie. ‘Hoe raak ’n mens daar van ontslae? ’ Hierdie keer is sy die een wat nader staan. Dis ’n fout, want sy kan sy hitte teen haar voel.
‘Soos jy van enige honger ontslae raak. Jy eet tot jy versadig is.’
Binne ’n kwessie van ’n dag val Milan se lewe uitmekaar en verloor sy alles. Teensinnig moet sy Alber t du Randt se hulp aanv aar. Sy is egter moeg daarvoor dat mans haar boelie, en Alber t is juis die soort man wat daaraan gewoond is om te kry wat hy wil hê. Boonop is hy net te diep gewortel in die verlede waarvan sy graag wil w egkom....
No biography available for this author.