Vele kêrels het al by Annie probeer vlerksleep, maar vir haar sal daar altyd net een man wees: Sybrand van Dyk, haar ousus Andrea se man. Sy weet sy moet met dié sondige begeerte klaarspeel, maar sy het van kindsbeen af ‘n heldeverering vir hom en glo steeds sy gaan eendag met hom trou. Toe die sesde grensoorlog op die oosgrens uitbreek, kom Michael Ford, ‘n verhewe maar romantiese luitenant, oor haar pad wat geen geheim maak van sy geneentheid vir haar nie. Hy kommandeer haar geliefde perd op vir die oorlog, maar word kort daarna gewond waarna sy hom moet verpleeg.Sy vertellinge van die Kaap maak haar kop deurmekaarder as al die stories wat Andrea kleintyd vir haar vertel het. Dit laat haar dagdroom oor pieknieks, musieklesse en ‘n bal in die kasteel – tot...
Lizelle von Wielligh is op haar gelukkigste in die natuur. Sy het ’n graad in rekeningkunde, maar haar passie is om liefdesverhale te skryf. Deur karakters te skep, kry sy die kans om in ander se skoene te staan. Dit het haar geleer om deernis met haar medemens te hê.
Read more