Kan sy meer verwag van liefde en die lewe? Cecile se ma het altyd gewaarsku teen haar avontuurlustigheid, maar sy gaan beslis nie hierdie vreemdeling soen bloot omdat hy vra nie. Bygesê, die ongeluk was tegnies haar skuld, maar steeds, ’n dame het haar perke. Nou verwag Blackie van haar om hom op sy plaas te kom rondkarwei terwyl sy been herstel. Haar aanstaande, Berno, keur dit glad nie goed nie, maar haar pligsbesef laat haar instem. Sy kan in elk geval doen met ʼn bietjie tyd om haar kop skoon te kry oor Berno en hulle huwelik. Maar sal ses weke op Oorgenoeg saam met hierdie moeilike man die avontuurlus in haar blus? Wil sy steeds terugkeer na Berno en die toekoms wat daar wag?
Lizelle von Wielligh is op haar gelukkigste in die natuur. Sy het ’n graad in rekeningkunde, maar haar passie is om liefdesverhale te skryf. Deur karakters te skep, kry sy die kans om in ander se skoene te staan. Dit het haar geleer om deernis met haar medemens te hê.
Read more