ʼn Brief van ʼn geskeide vrou skud die fondasies van Noulien se huwelik. Ná agt jaar se getroude lewe is sy en Stephan verby die maanskyn en rose stadium en het hulle paadjies uitmekaar begin loop. Net verlange bly oor van die dae toe sy in haar man se arms aan die slaap geraak het. Selfs in die slaapkamer is dit nou eerder plig as plesier en sukkel sy nogsteeds om swanger te raak en die Cloete-familie ’n erfgenaam te gee. Daarby is Belinda, die bure se dogter wat saam met Stephan grootgeword het en steeds gevoelens vir hom het, besig om te skei en terug op Grasdal by haar ouers. Noulien besluit om Marriage Capsule se huwelikskursus te volg, want ʼn huwelik is soos ʼn motor: As dit eers breek, is die skade groot, soms onherstelbaar. Maar het sy betyds wakker geskrik?
Lizelle von Wielligh is op haar gelukkigste in die natuur. Sy het ’n graad in rekeningkunde, maar haar passie is om liefdesverhale te skryf. Deur karakters te skep, kry sy die kans om in ander se skoene te staan. Dit het haar geleer om deernis met haar medemens te hê.
Read more