Irma het ’n bakkievrag probleme. Daar is haar eks-verloofde, ’n sukkelende trekker en ’n koei wat dringend mediese hulp benodig. Boonop is Michael, die veearts wat tydelik in Mariental kom waarneem en in die woonstel op hulle plot kom bly, die allerlaaste man wat sy weer wil sien! Sy probeer uit Michael se pad bly, maar hul paaie bly kruis. Sal sy sy sjarme kan weerstaan?
Ciska Olivier is 'n plaaskind van Namibië wat in haar eie wêreld van lees en skryf geleef het totdat sy haar eie storieboekheld ontmoet het. Hy het haar hart soos 'n ware heer van ouds oorwin en hulle is in 2014 getroud. Hulle is lief vir kampeer, visvang en om nuwe plekke te ontdek. Dis op hulle omswerwinge waar Ciska dikwels inspirasie kry vir nuwe verhale en tuismaak sy dan tyd om ook vir haar karakters 'n rosige toekoms te skep.
Read more