Leonie en Stefan is beste vriende. Hulle was lank terug kortstondig in ’n verhouding, maar dit het nie uitgewerk nie. Nou is hy verloof aan haar beste vriendin, Olga. Leonie wíl bly wees vir hulle en sy
ís ... Of is sy besig om haarself te bluf?
In ’n poging om van alles weg te kom, gaan woon sy ’n modeskou in Italië by. Daar hoor sy die verlowing tussen Stefan en Olga is verbreek. Wil sy werklik ’n verhouding met Stefan hê of is sy net verward? En kan sy haar gevoelens vir hom vertrou?
Terwyl sy dié vrae probeer beantwoord, dra sy boonop ’n donker geheim met haar saam. En dan is daar die soen wat die vlamme van gister laat ontbrand ...
Ciska Olivier is 'n plaaskind van Namibië wat in haar eie wêreld van lees en skryf geleef het totdat sy haar eie storieboekheld ontmoet het. Hy het haar hart soos 'n ware heer van ouds oorwin en hulle is in 2014 getroud. Hulle is lief vir kampeer, visvang en om nuwe plekke te ontdek. Dis op hulle omswerwinge waar Ciska dikwels inspirasie kry vir nuwe verhale en tuismaak sy dan tyd om ook vir haar karakters 'n rosige toekoms te skep.
Read more