Penguin Random House South Africa

Categories: Afrikaans, Crime & Thrillers, Fiction, Local Fiction, Adult
ISBN: 9781776095476
Published: April 2020
Imprint: Zebra Press
Page Extent: 240
Format: e-Book
RRP 230.00

Die Kwesbares

Formats & Editions

Product Image
e-Book
About the book

Daar’s altyd daardie een persoon van wie jy nie weg kan stap nie. Al weet jy dat jy moet. In hierdie nuwe aflewering van die reeks speel die Sluiper klaar met homself. Hy lê sy wapens neer en kies die liefde. Die dodelikste ding wat hy ooit kon doen. Nie net laat dit hom uiters kwesbaar nie, maar dit bring hom lynreg te staan teen die boosaardigste figuur met wie hy nog ooit te make gehad het: Jesús Fidencio Hernández, beter bekend as die Veearts van Baia Farta. So ook met die spoke uit sy verlede. In ’n verhaal wat strek van Suid-Afrika tot die Kalahari, Mauritius en Atlanta, Georgia, kom die Sluiper te staan voor sy vyande, korrupte regeringsamptenare, sluipmoordenaars, folteraars, en sy grootste uitdaging tot dusver. Met hierdie derde aflewering in die Sluiper-reeks...

About the Author

Steve Hofmeyr

Steve Hofmeyr

Steve Hofmeyr is een van die gewildste vermaaklikheids-kunstenaars in Suid-Afrika. Benewens sy loopbaan as sanger, liedjieskrywer en akteur, is hy ook bekend daarvoor dat hy op uitgesproke wyse sy mening oor politieke en kulturele kwessies lug. As akteur het hy bekendheid verwerf vir sy rolle in TV-reekse soos Agter elke man en verskeie films en sepies, insluitende Egoli . Hy het reeds ‘n menigte toekennings ontvang, onder meer Geselsprogram-aanbieder van die Jaar, platinumstatus vir CD-verkope wat die tweemiljoen-merk oorskry het (EMI), en ‘n SAMA-toekenning vir grootste verkoper van musiek in Suid-Afrika oor alle genres heen. Sy outobiografie, Mense van my asem , was ‘n topverkoper in 2008, en sy vier romans is gunstig deur kritici ontvang.

Read more

More titles by this author

×