Penguin Random House South Africa

Categories: Art, Music & Photography, Local Non-Fiction, Non-Fiction, Adult, Afrikaans
ISBN: 9781770220966
Published: November 2010
Imprint: Zebra Press
Page Extent: 425
Format: e-Book
RRP 195.00

Mense van my asem

Formats & Editions

Product Image
e-Book
Product Image
PDF
About the book

In Mense van my asem vertel Steve Hofmeyr uiteindelik sy lewensverhaal, in kenmerkende trant: openhartig, humoristies en uitgesproke. Hy begelei ons op ’n fassinerende reis deur sy kinderjare, sy tyd in die weermag en sy loopbaan daarna, en staan kort-kort stil by die gebeurtenisse en mense wat ’n groot impak op hom gehad het. Alle aspekte van sy lewensgeskiedenis word blootgelê - sy onkonvensionele godsdienstige en politieke oortuigings, sy liefdesverhoudings en buite-egtelike kinders, ’n selfmoordpoging, sy huwelik en die ernstige operasies wat hy ondergaan het. Hierdie boek gee ’n boeiende - en soms skokkende - kykie in die lewe van dié omstrede kunstenaar en mens.

About the Author

Steve Hofmeyr

Steve Hofmeyr

Steve Hofmeyr is een van die gewildste vermaaklikheids-kunstenaars in Suid-Afrika. Benewens sy loopbaan as sanger, liedjieskrywer en akteur, is hy ook bekend daarvoor dat hy op uitgesproke wyse sy mening oor politieke en kulturele kwessies lug. As akteur het hy bekendheid verwerf vir sy rolle in TV-reekse soos Agter elke man en verskeie films en sepies, insluitende Egoli . Hy het reeds ‘n menigte toekennings ontvang, onder meer Geselsprogram-aanbieder van die Jaar, platinumstatus vir CD-verkope wat die tweemiljoen-merk oorskry het (EMI), en ‘n SAMA-toekenning vir grootste verkoper van musiek in Suid-Afrika oor alle genres heen. Sy outobiografie, Mense van my asem , was ‘n topverkoper in 2008, en sy vier romans is gunstig deur kritici ontvang.

Read more

More titles by this author

×