Penguin Random House South Africa

Categories: Afrikaans, Contemporary Fiction, Fiction, Local Fiction, Adult
ISBN: 9781770222069
Published: June 2011
Imprint: Zebra Press
Page Extent: 128
Format: PDF
RRP 150.00

Die verste uur

Formats & Editions

Product Image
PDF
About the book

Jy’s ’n skaam student. Gemiddeld maar nuuskierig. In die oë van die meisie van jou drome is jy ’n bleeksiel. Jy is platsak en gryp die eerste die beste geleentheid aan om ekstra sakgeld te verdien deur ’n vermiste professor se studeerkamer op te ruim. Hier ontdek jy sy navorsing oor ’n komponis, maar ook ’n liefdesbrief aan sy vrou waarin hy sy verdwyning aan haar verduidelik. Dié steek jy weg om later in jou koshuiskamer te gaan bestudeer. Dit is ’n doodsonde, want oornag ruk daardie brief jou uit jou saai bestaan. Jy word skielik wakker in die liggaam van jou oupa­grootjie, ’n bang bode in die middel van die Anglo-Boereoorlog. In die verwarring versuim jy om generaal Cronje se boodskap van oorgawe oor te dra. Hierdie misstap het yslike gevolge: die Boere...

About the Author

Steve Hofmeyr

Steve Hofmeyr

Steve Hofmeyr is een van die gewildste vermaaklikheids-kunstenaars in Suid-Afrika. Benewens sy loopbaan as sanger, liedjieskrywer en akteur, is hy ook bekend daarvoor dat hy op uitgesproke wyse sy mening oor politieke en kulturele kwessies lug. As akteur het hy bekendheid verwerf vir sy rolle in TV-reekse soos Agter elke man en verskeie films en sepies, insluitende Egoli . Hy het reeds ‘n menigte toekennings ontvang, onder meer Geselsprogram-aanbieder van die Jaar, platinumstatus vir CD-verkope wat die tweemiljoen-merk oorskry het (EMI), en ‘n SAMA-toekenning vir grootste verkoper van musiek in Suid-Afrika oor alle genres heen. Sy outobiografie, Mense van my asem , was ‘n topverkoper in 2008, en sy vier romans is gunstig deur kritici ontvang.

Read more

More titles by this author

×