Penguin Random House South Africa

Categories: Afrikaans, Children, Children 9-12 Years, Children's Fiction, Contemporary Fiction, Local Fiction
ISBN: 9781776093687
Published: July 2017
Imprint: Zebra Press
Page Extent: 224
Format: e-Book
RRP 175.00

Die Lucky Strike

Formats & Editions

Product Image
e-Book
About the book

Net toe Die Sluiper sy rug wou keer op sy lewe as huurmoordenaar en vrede met die wêreld wil maak, vind hy dat sy verlede hom ingehaal en verbygegaan het. Dit wag vir hom op ’n wildplaas in die Kgalagadi, en ook in Kabinda in die DRK tussen strydende militêre magte.

Daar sal rekenskap wees. En vergelding. Hy is gereed daarvoor, want hy is in sy element – die element van vrees.

Maar eers wag sy neef, majoor Darius Keiser, en sy geliefde Tes op hom. Ook sy twee eertydse kamerade in Spesmagte, Gertjan en Carlos. En die lang vrou met ’n donkerbril wat haar Lucky Strikes met soveel toewyding rook …

Dit is ’n diggeweefde web van verraad en misleiding wat hy eiehandig sal moet ontrafel. Sonder genade. Want hy is Die Sluiper en genade is God se...

About the Author

Steve Hofmeyr

Steve Hofmeyr

Steve Hofmeyr is een van die gewildste vermaaklikheids-kunstenaars in Suid-Afrika. Benewens sy loopbaan as sanger, liedjieskrywer en akteur, is hy ook bekend daarvoor dat hy op uitgesproke wyse sy mening oor politieke en kulturele kwessies lug. As akteur het hy bekendheid verwerf vir sy rolle in TV-reekse soos Agter elke man en verskeie films en sepies, insluitende Egoli . Hy het reeds ‘n menigte toekennings ontvang, onder meer Geselsprogram-aanbieder van die Jaar, platinumstatus vir CD-verkope wat die tweemiljoen-merk oorskry het (EMI), en ‘n SAMA-toekenning vir grootste verkoper van musiek in Suid-Afrika oor alle genres heen. Sy outobiografie, Mense van my asem , was ‘n topverkoper in 2008, en sy vier romans is gunstig deur kritici ontvang.

Read more

More titles by this author

×