Penguin Random House South Africa

Categories: Afrikaans, Contemporary Fiction, Fiction, Local Fiction, Adult
ISBN: 9781776092697
Published: October 2017
Imprint: Zebra Press
Page Extent: 208
Format: e-Book
RRP 175.00

Die onaantasbares

Formats & Editions

Product Image
e-Book
About the book

Die sprong van huursoldaat na huurmoordenaar was seker onvermydelik. Maar om dan te gaan staan en verlief raak, dodelik.

Toe die Sluiper se kamerade hom verraai, het sy siel gesterf. In ’n land waar kontrakmoorde toenemend die gang van sake bepaal, begin hy sy dienste beskikbaar stel aan diegene wat van ’n lastigheid ontslae wil raak. ’n Tsoenami van moorde volg. Liefde het tog niks daarmee te doen nie, het hy gedink. Totdat dinge skeefloop en Tes Mallet vermoor word. Deur wie? Hoekom?

Wat wel seker is, is dat die Sluiper hulle gaan kry. Bloed sál vloei.

Die Onaantasbares is hulle wat glo hulle is onkwesbaar. Elkeen dink hy’s Superman. Almal is lief vir hom en lood penetreer hom nie. Hy dink mespunte breek teen sy groot hart. Hy oorweeg nie die...

About the Author

Steve Hofmeyr

Steve Hofmeyr

Steve Hofmeyr is een van die gewildste vermaaklikheids-kunstenaars in Suid-Afrika. Benewens sy loopbaan as sanger, liedjieskrywer en akteur, is hy ook bekend daarvoor dat hy op uitgesproke wyse sy mening oor politieke en kulturele kwessies lug. As akteur het hy bekendheid verwerf vir sy rolle in TV-reekse soos Agter elke man en verskeie films en sepies, insluitende Egoli . Hy het reeds ‘n menigte toekennings ontvang, onder meer Geselsprogram-aanbieder van die Jaar, platinumstatus vir CD-verkope wat die tweemiljoen-merk oorskry het (EMI), en ‘n SAMA-toekenning vir grootste verkoper van musiek in Suid-Afrika oor alle genres heen. Sy outobiografie, Mense van my asem , was ‘n topverkoper in 2008, en sy vier romans is gunstig deur kritici ontvang.

Read more

More titles by this author