Penguin Random House South Africa

Categories: Afrikaans, Contemporary Fiction, Fiction, Local Fiction, Adult
ISBN: 9781770227088
Published: March 2014
Imprint: Zebra Press
Page Extent: 238
Format: e-Book
RRP 145.00

Laaste dans, Drienie

Formats & Editions

Product Image
e-Book
Product Image
PDF
About the book

Toe Oscar Pistorius blosend in die gange van die Brooklyn-polisiestasie by luitenant Muller Joubert verbyloop, was Muller seker dat daar in jare nie so ʼn bisarre saak was nie en daar nie gou weer so een sou wees nie.

Hy was verkeerd. Daar was reeds. En hy was in die middel daarvan.

In die omgewing van die liefde is niemand se hart veilig nie; dit weet Muller maar alte goed, want die meisie wat hy liefhet is blykbaar nie vir hom beskore nie. En dan kom vertel ’n tannie hom van haar laaste dans in 1941. Twee broers. Een oorlog. Een meisie. Een liefde. Een kans.

En ʼn liefdesverhaal wat reeds sewentig jaar wag om vertel te word.

About the Author

Steve Hofmeyr

Steve Hofmeyr

Steve Hofmeyr is een van die gewildste vermaaklikheids-kunstenaars in Suid-Afrika. Benewens sy loopbaan as sanger, liedjieskrywer en akteur, is hy ook bekend daarvoor dat hy op uitgesproke wyse sy mening oor politieke en kulturele kwessies lug. As akteur het hy bekendheid verwerf vir sy rolle in TV-reekse soos Agter elke man en verskeie films en sepies, insluitende Egoli . Hy het reeds ‘n menigte toekennings ontvang, onder meer Geselsprogram-aanbieder van die Jaar, platinumstatus vir CD-verkope wat die tweemiljoen-merk oorskry het (EMI), en ‘n SAMA-toekenning vir grootste verkoper van musiek in Suid-Afrika oor alle genres heen. Sy outobiografie, Mense van my asem , was ‘n topverkoper in 2008, en sy vier romans is gunstig deur kritici ontvang.

Read more

More titles by this author

×