South African Trade Publisher of the Year 2016, 2017 & 2019

Search for your favourite author or book


 
For all official information and updates regarding COVID-19, visit the South African Department of Health's website at www.sacoronavirus.co.za
 

Anoeschka von Meck

About 
Anoeschka von Meck is die skrywer van die wegholsukses Vaselinetjie,  wat meer as 100 000 boeke verkoop het. Dié roman wen die Jan Rabieprys, die mer-prys vir jeuglektuur en ’n M-Net-prys. Die filmweergawe word as beste rolprent by die Silwerskermfees in 2017 bekroon en wen die titel Best Humanitarian Film by die Sedona International Film Festival in 2018.
 
Von Meck, wie se mense boere in die suide van Namibië was, het haar loopbaan as joernalis by Die Republikein  in Windhoek begin. Sy het by verskeie koerante, insluitende Rapport in Kaapstad gewerk. In 2014 word sy aangewys as Beste Harde Nuus- skrywer vir gemeenskapskoerante. Haar eerste roman, Annerkant die longdrop,  verskyn in 1997 en Die Ontwaking: Die lewe van Essie Honiball,  ’n biografie oor dié mistieke denker, in 2010.
 
In 2016 reis Von Meck alleen deur Suid-Afrika en maak sewe maande lank opnames vir Afrikaans.com oor unieke variasies in Afrikaans. Sy durf weer die langpad aan in 2019, hierdie keer om onderhoude met boere in droogte te voer. Net voor die droogte my breek  verskyn dieselfde jaar.
 
Op sestien het Von Meck haar pa oorsee gevolg. Sy het haar skoolrekord met Tipp-Ex vervals en nooit standerd agt voltooi nie. Deur genade alleen word sy later by John F Kennedy University in San Francisco toegelaat, waar sy marinebiologie en vergelykende godsdiens studeer. Later verwerf sy ’n wettige ba-graad in argeologie aan die Universiteit van Kaapstad. Hierna volg ’n hod en ’n meestersgraad in Antieke Oosterse Studies aan die Universiteit van Stellenbosch, asook ’n doktorsgraad in Kreatiewe Skryfkuns aan die Universiteit van Pretoria.
 
Von Meck woon tans op die platteland en probeer ’n resep vir suiwelvrye kaas te vervolmaak. Sy beskou haarself as ’n interdimensionele ewigheidswese wat oortuig is ’n bonatuurlike lewe behoort die nuwe normaal te wees.

 

Titles by this author

Elkeen het ’n heelal in hul mond. Keuses wat jou wentelbaan van uur tot uur bepaal...
Elkeen het ’n heelal in hul mond. Keuses wat jou wentelbaan van uur tot uur bepaal...