South African Trade Publisher of the Year 2016, 2017 & 2019

Search for your favourite author or book

Wilken Calitz

About 

Wilken Calitz behaal sy meestersgraad in musiek aan die Universiteit van Stellenbosch waarna hy musiek vir verskeie verhoogstukke komponeer, onder meer vir VaselinetjieDrif  en  Kristalvlakte.  Hy het die musiek vir die opera Die vertrek  geskryf asook die klankbaan vir die tv-program  Honger

Sy radiodrama  Veertig dae  behaal ’n tweede plek in  RSG  se radiodramakompetisie en sy verhoogstuk  2092: God van klank  wen die 2013 Woordfees Uitskieterprys en word vir ses Fleur du Cap-teatertoekennings benoem.

Van sy onlangse tekste vir die verhoog sluit in:  Veelvoud van bestaan Karatara en Salome.  Hy verwerf ’n meestersgraad in kreatiewe skryfwerk aan die Universiteit van Kaapstad onder leiding van Etienne van Heerden.  Swart swaan  is sy debuutroman.

Titles by this author

’n Monsteragtige wese het hom in Fabian se tuin tuisgemaak – ’n ondier met...
’n Monsteragtige wese het hom in Fabian se tuin tuisgemaak – ’n ondier met...