Search for your favourite author or book

Brugbouers

ISBN 
9781776091850
Format 
Epub
Recommended Price 
R215.00
Published 
June 2018
About the book: 
In 2008 is Suid-Afrika tot in sy fondamente geskud deur die omstrede Reitz-video-voorval aan die Universiteit van die Vrystaat. In dié video onderwerp vier wit mansstudente vyf swart werkers aan sogenaamde keuringstoetse vir koshuisplasing. Na videobeelde van hoe die werkers kos moes eet waarin daar klaarblyklik geürineer is, het rassespanning op die kampus opgevlam en stemme van protes wêreldwyd opgeklink.
 
Om die situasie te help beredder, het die universiteit vir Rudi Buys as versoeningskonsultant gewerf, waarna hy as studentedekaan aangestel is. Buys se werk by die universiteit sou uiteindelik simbolies word van ’n feller konflik in Suid-Afrika – tussen versoening en ’n dreigende rassestryd, ou en nuwe denkwyses, hoop en wanhoop.
 
Hierdie boek fokus op “tussenin-wees”. Die verhale van vier studenteleiers uit daardie onstuimige tydperk, asook die ingrypings wat onderneem is, word belig. Vir Buys was die proses by Kovsies ook ’n geleentheid om van sy eie Afrikaner-verlede sin te maak. Die gebeure by die universiteit illustreer dat Afrikaners, in hulle strewe om hul eie verlede met ’n toekoms in die land te versoen, oor die potensiaal beskik om ware brugbouers te wees en medeargitekte te word van ’n nierassige toekoms.
 
Brugbouers  bied waardevolle lesse vir elkeen wat ernstig is oor aktiewe burgerskap en sinvolle transformasie in Suid-Afrika.
Listing 

Others also viewed

After an unexpected request from his father, Henry Knott returns to the Karoo farm on which he...
More than just a story about the personal journey of one of South Africa’s most beloved music...
History Matters is an eloquent selection of writings over four decades by Bill Nasson, one of...
From the Sunday Times  bestselling author of A Sting In The Tale  comes this practical...