Search for your favourite author or book

Die Banting-sakgids

ISBN 
9781776091669
Format 
Epub
Recommended Price 
R120.00
Published 
February 2017
About the book: 

Die Banting-oplossing, in samewerking met die Noakes-stigting en die “Eet Beter, Suid-Afrika!” - inisiatief, is nou beskikbaar in ’n gebruikersvriendelike sakpas-formaat!

Danksy lesers se versoeke vir méér basiese resepte en ’n maklik hanteerbare formaat, is Die Banting-oplossing  nou beskikbaar in ’n grootte wat elke sak sal pas. Hierdie gebruikersvriendelike boekie bevat al die wenke en raad wat jy nodig het om jou Banting-leefstyl suksesvol te implementeer en om daarmee vol te hou. Die Banting-sakgids  bevat ’n hoofstuk deur Banting se mees passievolle en gerespekteerde ondersteuner, prof. Tim Noakes; verskaf antwoorde op jou dringendste vrae; slaan mites wat oor Banting kop uitgesteek het die nek in; help jou om uitstekende maaltydplanne saam te stel; bevat Banting-vriendelike voedsellysies en resepte; leer jou hoe om te begroot sodat almal ’n Banting-leefstyl kan handhaaf; en nog baie meer.

Maar nog belangriker: dit leer jou hoe om van daardie ekstra ponde ontslae te raak en hulle vir altyd weg te hou! Die Banting-sakgids, wat maklik in jou handsak of hempsak inglip, is net wat jy nodig het om jou Banting-leefstyl aan die gang te kry!

Other titles by this author 
Listing 

Others also viewed

"This is more than just a cookbook; it is a celebration of culinary creativity and a...
The world is in lockdown, and Jack has been stuck at home for what feels like an eternity....
“Die lang man sonder skaduwee,” so het die oumense gepraat as hulle die grondpaaie...
East Africa comprises a varied range of habitats, which provide living space for more than 360...