South African Trade Publisher of the Year 2016, 2017 & 2019

Search for your favourite author or book

Die groot drie: 'n Eeu van spotprente in Die Burger 1915-2015

ISBN 
9781776090198
Format 
Epub
Recommended Price 
R185.00
Published 
June 2016
About the book: 

Die Groot Drie bied ’n sonderlinge blik op die opkoms, hoogbloei en uiteindelike ondergang van Afrikaner-nasionalisme vanuit die perspektief van drie wereldklas-satirici: D.C. Boonzaier, T.O. Honiball en Fred Mouton. Die Burger is in 1915 in die lewe geroep om as mondstuk te dien vir Afrikaners wat aan die begin van die 20ste eeu op hul kniee gedwing is deur die Anglo-Boereoorlog, verstedeliking en grootskaalse armoede. In die eerste honderd jaar van die koerant se bestaan het net die drie kunstenaars diens gedoen as spotprenttekenaars. Boonzaier het skerp en raak aanvalle op opponente van die Nasionale Party geloods, en die karikatuurkuns ten volle bemeester; die veelsydige Honiball het lesers se empatie gewek met sy speelse styl; en Mouton se uitbeelding van tipies Suid-Afrikaanse tonele het van hom ’n gewilde humorskepper en belangrike meningsvormer gemaak. In hierdie boek gee Francois Verster, Naspers se maatskappy-argivaris, ’n onderhoudende historiese oorsig van die bydrae wat elk van die spotprenttekenaars gelewer het. In hierdie boek gee Francois Verster, Naspers se maatskappy-argivaris, ’n onderhoudende historiese oorsig van die bydrae wat elk van die spotprenttekenaars gelewer het.

Listing 
About the Author
Dr. François Verster het vir 17 jaar as staatsargivaris gewerk en het in 2007 by Naspers as maatskappy-argivaris en geskiedskrywer aangesluit. Hy het drie romans en sy memoires gepubliseer, en nie-fiksiewerke insluitend Van Kaspaas tot Kaas, die lewe en werk van T.O. Honiball. Hy is die skrywer van talle artikels oor spotprente en strokieskuns vir beide vakkundige en populêre publikasies. Hy werk ook as vryskut-joernalis en is veral bekend om sy rubriek “Geskiedenis vandag” in die streekskoerant Bolander.
 
Image courtesty of Netwerk24.com.

Others also viewed

Inspector Albertus Beeslaar has left the ruthless city, only to have his hopes of finding peace and...
Bailey Kellerman verlaat Suid-Afrika finaal ná nog ’n liefdesteleurstelling deur...
Making sure the end of the world never happens again – that is Enver Eleven’s task. A...
Welcome to Vivo, where the only cemetery is run by old Mateus and his dog, God. Mateus’s...