South African Trade Publisher of the Year 2016, 2017 & 2019

Search for your favourite author or book

Die sirkel van bekende dinge

ISBN 
9781415205938
Format 
Epdf
Recommended Price 
R160.00
Published 
August 2014
About the book: 
Billy se draaktatoe sal skewe kyke lok op die Karoodorpie waarheen sy gesin verhuis. Dis moeilik om in te pas as jou pa die nuwe polisiekolonel is en jou ma haar pille saam met wyn sluk.
 
Voordat Billy vir Sue ontmoet, wat hom laat droom in ’n aweregse wêreld, bied die gangster Ou Joe se bordeel ’n vreemde troos vir trokdrywers én nuuskierige seuns. Ou Joe beplan om iets hier na te laat voordat hy sy nale geveg met die groeiende kanker in sy maag het.
 
Ná ’n bloedige nag is Ou Joe se plek in die kolonel se visier en moet Billy stelling inneem terwyl goed en kwaad nog kant kies.
 
In die styl van ’n moderne western is Johan Vlok Louw se roman vol driftige jonges, motors en gewere. Die boek is ’n vuishou in die maag; die styl so evokatief soos die Karoo landskap waar die verhaal afspeel.
Other titles by this author 
Listing 
About the Author
Author of the novel Eric the Brave, Johan Vlok Louw was born in Cape Town. After National Service, he did a stint in banking and spent some time underground in the gold mines. He studied fine art and design, and has worked as salesman, manager, franchise owner, director and chairman. He lives in Gordon’s Bay.
 
Johan Vlok Louw is die skrywer van die roman Eric the Brave en is in Kaapstad gebore. Ná nasionale diensplig het hy ’n ruk in die bankwese gewerk en daarna tyd ondergrond in die goudmyne deurgebring. Hy het Skone Kunste en Ontwerp studeer, en gewerk as ’n verkoopsman, bestuurder, konsessie-eienaar, direkteur en voorsitter. Hy woon in Gordonsbaai.