Search for your favourite author or book

Dinosourusse, Diamante & Demokrasie

ISBN 
9781415209516
Format 
Epub
Recommended Price 
R160.00
Published 
June 2017
About the book: 
’n Asteroïde so groot soos Tafelberg tref meer as twee miljard jaar gelede die plek wat uiteindelik Suid-Afrika sou word. Ná dié slag volg ’n onstuimige geskiedenis. Die storie begin in die tyd toe die aarde se rykste goudneerslae gevorm is. Van hier strek die verhaal tot verby die geboorte van demokrasie in 1994 – ’n ander gebeurtenis wat die wêreld se asem weggeslaan het. Langs die weg kom ’n mens die oudste dinosourusse wat ooit gelewe het teë, asook die planeet se heel eerste mense en vroegste kulture. Inkomelinge het die geskiedenis gevorm – jagterversamelaars, landbouers en kuddewagters, ystersmede vanuit die noorde, en immigrante vanuit Europa en Asië. Suid-Afrika se mense het oorlog gemaak en vrede gesluit, goud en diamante ontdek, glorieryke hoogtes bereik en in die dieptes van onderdrukking verval – totdat almal op ’n dag as gelykes in ’n ry ingeval het om vir ’n regering te stem wat hulle as demokratiese volk die een-en-twintigste eeu sou binnelei. 
 
Dit is die verhaal van dinosourusse, diamante en demokrasie.
Other titles by this author 
Listing 

Others also viewed

This book offers 50 innovative ways of looking at your business as a long-term, dynamic,...
My Cape Malay Kitchen is Cariema Isaacs’s heartfelt and poignant account of the...
Whole: Bowl Food for Balance  is all about healing your relationship with food. Food is...
Discover the enchanting tales of the Kwasuka Sukela series, where timeless stories of love and...