South African Trade Publisher of the Year 2016, 2017 & 2019

Search for your favourite author or book

Fynbosfeetjies

ISBN 
9781415209028
Format 
Paperback
Recommended Price 
R240.00
Published 
February 2016
About the book: 
Dit is omrede sy fynbos – die smalblaar-, struikagtige plantegroei van die streek – dat die suidwestelike en suid-Kaap benoem is as een van die wêreld se ses planteryke: die Kaapse Blommeryk. Met ’n opervlakte van minder as 90 000 vierkante kilometer is dit die kleinste planteryk ter wêreld. Tog is dit die tuiste van 8 600 plantspesies, waarvan 5 000 nêrens elders voorkom nie.
 
Fynbos is ’n vermenging van vier plantsoorte: protea-struike, heideagtige erikas, rietagtige restio’s en ’n verskeidenheid bolplante. In die Kaapse Blommeryk groei 69 van die wêreld se 112 proteas, 526 van sy 740 erikas en onder sy bolplante word 96 van die wêreld se 160 gladiolusspesies aangetref. Op sy eie spog Tafeberg met byna 1 500 fynbosspesies.
 
Met Fynbosfeetjies bring Antjie Krog en Fiona Moodie, wat albei gereeld op die hange van Tafelberg gaan stap, hulde aan een van die natuurwonders van die wêreld. Antjie, geïnspireer deur Cicely Mary Barker se A World of Flower Fairies, het die bal aan die rol gesit deur verse te skryf oor verskillende blomplante wat deur minstens een denkbeeldige wesentjie bewoon word.
 
Fiona het elke plant, insek en gediertetjie wat in hierdie boek afgebeeld is, nagevors. Die feetjies en ander droomwesentjies is haar eie skepings, maar die blomme, gogas en diertjies het sy by die natuur afgekyk en noukeurig nageteken.