ISBN 
    9781776093151
      Format 
    Epub
      Recommended Price 
    R220.00
      Published 
    September 2018
      About the book: 
    
	Pedofilie. Ontvoering. Moord? In Suid-Afrikaners se koppe het hierdie begrippe sinoniem geword met die name van Gert van Rooyen en Joey Haarhoff. In die dertig jaar sedert die tragiese verdwyning van ses jong skoolmeisies en die dramatiese skietdood van die land se berugste paartjie, hang onbeantwoorde vrae steeds in die lug. Die makabere raaisels wat hulle agtergelaat het, het nie saam met hulle gesterf nie.
	Joernalis Pieter van Zyl gee in hierdie boek, waarvoor hy eksklusiewe toegang tot Huisgenoot se uitgebreide argief gehad het, ’n volledige oorsig oor dié sage. Die jongste insigte en ervarings van rolspelers wat direk by die saak betrokke is en was, word ook betrek – nie net aan die kant van die slagoffers nie, maar ook aan die kant van die vermeende “monsters”. Kenners, waaronder sielkundiges, kriminoloë, baasspeurders, handskrifontleders en selfs sieners, verskaf ’n sonderlinge blik op die gebeure w at by Suid-Afrikaners bly spook.
	Die tragedie verkry ’n nuwe dimensie wanneer dit gekaats word teen die agtergrond van Suid-Afrika drie dekades gelede. Dit blyk ook dat Van Rooyen en Haarhoff nie in isolasie kon optree nie, maar waarskynlik deel was van ’n uitgebreide misdaad-netwerk. Hierdie boek sal niemand koud laat nie.
Buy Now: 
    
Listing 
    


