South African Trade Publisher of the Year 2016, 2017 & 2019

Search for your favourite author or book

Help! Ek kry gaste vir ete

ISBN 
9781432309602
Format 
Epub
Recommended Price 
R175.00
Published 
September 2018
About the book: 
’n Geslag jong volwassenes het Help! Daar’s ’n Stoof in My Kombuis,  Annabel Frere se eerste kookboek, leer ken, is mal daaroor en afhanklik daarvan. Dieselfde geslag het die jong beroepslui geword wat nou op ’n ietwat meer gesofistikeerde vlak moet onthaal. As skrywer het Annabel al hierdie stadiums met haar eie dogters meegemaak, en sy het weer eens smaaklike en relatief eenvoudige resepte vir geleenthede saamgestel – van onbeplande samekomste tot goedgeorganiseerde geleenthede.
 
Groot klem word op goeie beplanning gelê, asook kos wat vooraf berei kan word sodat die kok soveel tyd moontlik aan sy of haar gaste kan bestee, pleks daarvan om die dag in die kombuis deur te bring. Aandag word ook gegee aan tekstuur en aanbieding, met heelwat wenke en voorstelle oor moeitelose onthaal. Waar disse dalk meer ingewikkeld lyk, is Annabel uitstekend daarmee om die misterie te ontsluit. En natuurlik is geen partytjie volledig sonder die regte vloeibare begeleiding nie. Dus is daar ’n hoofstuk oor ’n verskeidenheid skemerkelkies, met en sonder alkohol.
 
Inhoud: Begin met ’n plan; Nuttige inligting; Vrolikheid vir die glas; Souse, Gegeurde botter en Prikkelbykos; Peuselkos en Vingerhappies; Voorgeregte; Hoofgeregte; Bykosse;Nageregte; Indeks
Other titles by this author 
Listing 
About the Author
When her younger daughter was in high school, Annabel Frere was asked to run the school tuck-shop. Together with voluntary helpers, they devised wholesome daily menus and shared each other's foolproof recipes. Many of the mothers at the school expressed interest in a cookbook aimed at school leavers and young adults, and so the idea for Help! There's a Stove in My Kitchen was born.
 
Annabel Frere is genader om die skoolsnoepwinkel te bestuur toe haar jongste dogter in die hoërskool was. Saam met vrywillige helpers het sy daarin geslaag om voedsame, daaglikse spyskaarte op te stel en hulle het onder mekaar beproefde resepte uitgeruil. Talle ma's by die skool het hul belangstelling in ’n kookboek vir skoolverlaters en jong volwassenes uitgespreek en vandaar die idee vir Help! Daar's ’n stoof in my kombuis.

Others also viewed

Die Amptelike K53 Slaag Jou Leerlinglisensie – Eerste Keer is ’n opgesomde gids...
This exploration of southern Africa's extraordinary fynbos has long been a popular...
Suburban, middle-class, and from a good family - this is what makes Joanne Brodie's story all...
'... baboons are neither devils nor saints but animals who like us have very individual...