South African Trade Publisher of the Year 2016, 2017 & 2019

Search for your favourite author or book

Hoe verklaar jy dit?

ISBN 
9781776090495
Format 
Trade Paperback
Recommended Price 
R260.00
Published 
October 2016
About the book: 
“Ons leef in ’n wonderlike wêreld. Gelukkig is hy wat die oorsaak van dinge verstaan.” – Vergilius (Romeinse digter)
 
Ons weet dat die maan iets met die getye te doen het, maar het jy geweet dat jy met volmaan altyd dieselfde kant van die maan sien? Of dat weerligstrale vol vernietigende elektrisiteit is, maar dat ’n elektriese paling ’n lading van tot 600 volt kan vrystel?
 
Hierdie feite is deel van ’n magdom kennis oor die natuur, fisiese wetenskap en die ruimte wat die RSG-program Hoe verklaar jy dit?  reeds jare lank beantwoord. Hierdie publikasie bevat ’n keur uit die honderde vrae van nuuskierige luisteraars wat deur kundiges verduidelik is om die wêreld minder vreemd te maak, want nie alle kennis van die wêreld om ons is voor die hand liggend nie. Daar is honderde verskynsels in die natuur en ruimte wat vra om verklaar te word. Dan praat ons nie eens van die mensgemaakte uitvindings soos die internet, persoonlike rekenaars, globale posisioneringstelsels, selfone, radiogolwe, teorie van evolusie, relatiwiteitsteorie, narkose en mense in die ruimte nie.
 
Agter die alledaagse skuil die fassinerende werking van kragte en wette en die wetenskap in werking: Wat bepaal dat ’n mens se hart aan die linkerkant van die liggaam sit? Hoekom vries water in ’n dam van bo en nie van onder af nie? Kan gene deur omstandighede gemodifiseer word? Hoe verklaar jy dit?  is ’n boek wat jou belangstelling in die wêreld om jou sal prikkel. Dit is ’n boek wat op sy eie gelees kan word, wat op die koffietafel kan lê en wat saam kan gaan kamp om wonderlike gesprekke om die braaivleisvuur uit te lok.
Other titles by this author 

Others also viewed

The smash-hit Sunday Times  bestseller now reinvented as a spectular visual journey through...
The No. 1 Indy Best Celebrity Cookbook for 2017. Packed with over 650 everyday Mary Berry recipes,...
Jare gelede het die beeldskone digter Anna Neethling finaal uit die uitgewer Malan Sinclair se...
Cooking with fewer or no carbs need not be boring or bland. Inè Reynierse, author of the...