Search for your favourite author or book

Identifiseer die Bome van Suider-Afrika (Bygewerkte Uitgawe)

ISBN 
9781775846796
Format 
Epub
Recommended Price 
R340.00
Published 
May 2019
About the book: 
’n Regstreekse, voor die hand liggende en effektiewe gids tot boom-identifikasie.
 
Dié boek se titel sê dit alles! Hierdie bygewerkte tweede uitgawe verskaf ’n duidelike uiteensetting van hoe bome saamgestel is en waarna om op te let wanneer ’n boom geïdentifiseer word. Die boek bestaan uit twee dele:
  • Deel 1 beskryf en illustreer duidelik die verskillende dele van ’n boom en hul rol in boomidentifikasie.
  • Deel 2 bevat ’n sleutel tot 43 boomgroepe, gebaseer op maklik waarneembare stingel- en blaarkenmerke. Dit gee ’n duidelike oorsig van elke groep, sowel as die Suider-Afrikaanse boomfamilies wat in die onderskeie groepe verteenwoordig word. Talle kleurfoto’s en verduidelikende illustrasies ondersteun die teks wat dié handleiding toeganklik en gebruikersvriendelik maak.
Identifiseer die Bome van Suider-Afrika sal lesers toerus met ’n goeie begrip van die bou van bome en waarna hulle moet oplet om dit korrek te kan identifiseer.
Listing 

Others also viewed

Mister Snail is a kindly soul who finds a wonderful new home in a pretty garden. Soon he...
Mathews Phosa  has been an eyewitness to the dramatic shifts of political power in South...
Sky Guide Southern Africa  is a practical resource for all stargazers, whether novice,...