South African Trade Publisher of the Year 2016, 2017 & 2019

Search for your favourite author or book

Kosbaar

ISBN 
9781432311360
Format 
Trade Paperback
Recommended Price 
R380.00
Published 
February 2022
About the book: 
Kosbaar  is Elmarie Berry se eerste kookboek hoewel sy reeds sedert 2015 ’n bekende kosblogskrywer is. Haar hartsbegeerte is om ’n boek uit te gee wat jou siel sal voed en waarmee jy in jou kombuis met jou nabye vriende en familie herinneringe kan skep. In haar eie woorde: “Kos is ’n manier en plek om bymekaar te kom, om rustig te raak en om jou hart oop te maak om te deel, lief te hê en lekker te lag. Geniet die reis en samesyn!”
 
Kosbaar  bevat meer as 100 eg Suid-Afrikaanse resepte. Met ’n Libanese ouma toon haar kosvoorkeure ’n goeie mengsel van boerekos met ’n sterk Libanese invloed. Daar is ou gunstelinge soos roosterkoek en nostalgiese melktert, en party kry ’n nuwe baadjie, soos malvapoeding met ’n pinotagesous, gebakte patat met za’tar-speserye, New York Shake Shack-kaasburgers en stadig geroosterde lamskouer met jogurtplatbrood. KOSBAAR bevat ook heelwat graanvrye resepte omdat Elmarie onlangs uitgevind het sy is allergies vir graan.
Other titles by this author 
About the Author
Elmarie Berry het in Bloemfontein grootgeword, en van kleins af was kos “in haar bloed” en die kombuis haar “troon”. Reeds op 15 het sy haar eerste klas by ’n kookskool gehad en het sy partytjies en pieknieks gereël, tafels keurig gedek en blomme gerangskik. Heelwat kookkursusse het gevolg, en Elmarie het verskeie draaie in restaurant- en hotelkombuise gemaak waar sy die fynere kunsies van kosvoorbereiding aangeleer het.
 
Sy en haar gesin hou daarvan om te reis en sedert 2015 het sy as blogskrywer begin om haar resepte, wynvoorkeure en koservarings te deel wat sy daardeur teëgekom het. Elmarie is ook ’n suksesvolle kosstilis en -fotograaf en die medeeienaar van Samesyn, ’n aanlyn besigheid waar kosfotografi e op luukse tafellinne, kussings en komberse gedruk word. Sy woon tans in Somerset-Wes met haar man, Thian, en twee kinders.

Others also viewed

MEET ELLIE. She’s perfectly happy living a quiet life with her husband, Clive. (Well, she...
‘Sometimes all we need is that tiny glimmer of hope, that tiny flickering flame in a room...
Twenty years ago, Dennis Danson was sentenced to death for a brutal murder in Florida....
A collection of 100 postcards, each with a different iconic Penguin Classic cover, in a...