Search for your favourite author or book

Malhuis

ISBN 
9781485903468
Format 
Epdf
Recommended Price 
R205.00
Published 
March 2016
About the book: 
Helena Harmse is ’n Suid-Afrikaner in Londen. Bedags werk sy as sielkundige by ’n inrigting vir versteurdes. Snags is sy in kroeë op jag na Engelsmanne, verkieslik getroudes, wat sy optel vir seks. Maar spruit dié optrede uit ’n donker geheim wat sy in haar dra? Of hou Helen se bekruiper – ’n geheimsinnige vrou altyd in swart geklee – die sleutel tot haar troebel verlede?
 
Namate Helena se verhaal ontvou en haar desperate e-posse aan haar twee kinders in Suid-Afrika al hewiger raak, ontrafel ’n kraaines van vergrype, liefde en wraak.
 
Anel Heydenrych se Malhuis is ’n uitdagende, eroties-sielkundige riller.
Other titles by this author 
Listing 
About the Author

Anel Heydenrych het as TV- en radiojoernalis op RSG bekend geword. Sy het ’n meestersgraad in kreatiewe skryfwerk aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Tans woon en werk sy op Colesberg.

Others also viewed

In the digital age you can get into serious legal trouble at the click of a button. The shift from...
This easy-to-read, fact-filled guide features over 80 mammal species found in the Kruger National...
The Whale Caller, in tattered tuxedo, spends his days on the cliffs of the small coastal town of...
Most botanical gardens include succulents in their collections; few are devoted solely to them....