Search for your favourite author or book

Megaboere

ISBN 
9781776090839
Format 
Epub
Recommended Price 
R220.00
Published 
February 2017
About the book: 
Megaboere, kykNET se gewilde reeks oor suksesvolle boere in Suid-Afrika, het kykers reeds vir twee seisoene vasgenael gehou, en ’n derde een is op pad. In hierdie boek neem Wynand Dreyer, vervaardiger van die reeks, en sy produksiespan jou na die plaaseienaars op wie die kollig tot dusver in die reekse geval het. 
 
Hy bied nie net interessante profiele oor gevestigde en opkomende boere met uitsonderlike ondernemingsgees nie; hy probeer die suksesresep ontrafel wat hedendaagse boere in staat stel om die aarde op volhoubare wyse te benut. Of jy self aan die stuur van ’n boerderyonderne¬ming staan en of jy bloot nostalgies voel oor jou voorgeslagte se geskiedenis wat op boereplase beslag gekry het, een ding is seker: jy sal verwonderd staan oor die kreatiwiteit en vernuf wat dit verg om Suid-Afrika se voedselmandjie vol te hou. 
 
Volg vir Wynand op paaie wat lei tot die verste uithoeke van die land en ontdek die grond¬beginsels wat van boere pro-aktiewe entrepreneurs en sakemanne met visie maak.
 
Other titles by this author 
Listing 

Others also viewed

Eighty-four years old and terminally ill with cancer, psychiatrist Pat Ferguson wants nothing more...
Hierdie fotografiese veldgids tot die voels van Suider-Afrika bevat die grootste en omvattendste...
A magistrate put Glenn Agliotti among the ‘snitches, pimps, rats who would sell their soul to...
Sjef Mynhardt Joubert kook al die afgelope vyf jaar in sy Stasie Straat Kombuis in die Paarl in die...