South African Trade Publisher of the Year 2016 & 2017

Search for your favourite author or book

Misverstand

ISBN 
9781485903505
Format 
Paperback
Recommended Price 
R190.00
Published 
February 2017
About the book: 
Willem Prins bewandel die strate van Parys. Eens was hy op koers om ’n gerekende skrywer in Suid-Afrika te word, maar na jare se probeer wink die koue water van die Seine – miskien sal sy verdrinking sy boekverkope bietjie opstoot, dink ’n swartgallige Willem.
 
Tot sy skaamte is dit die erotika wat hy onder ’n skuilnaam skryf wat hom na Frankryk gebring het. Terug na die stad waar een van sy drie eksvroue saam met sy oudste seun woon, ’n jong man wat sy pa skaars ken.
 
Vir Willem is Parys nie juis die stad van liefde nie, maar dit is hier waar hy vir Jackie ontmoet, ’n jong Suid-Afrikaner wat as au pair werk. Dit is ook sy wat saam met hom is dié Vrydagaand die dertiende toe terreur in Parys losbars.
 
Misverstand  is die dertiende roman van een van Suid-Afrika se gewildste skrywers. ’n Roman oor die ontnugtering van die middeljare, die lewe se onweerswolke wat dikwels dreig, en oor bande tussen mense wat beskut.
Other titles by this author 

Others also viewed

An intimate, powerful, and inspiring memoir by the former First Lady of the United States. In...
Gaëlle de Barbet is sixteen years old in 1940 when the German army occupies France. In a...
Tracker is known far and wide for his skills as a hunter - and he always works alone. But when he...
By understanding and applying the thirteen simple steps that constitute Napoleon Hill's formula...