Search for your favourite author or book

My stasie straat kombuis

ISBN 
9781485900832
Format 
Trade Paperback
Recommended Price 
R250.00
Published 
March 2022
About the book: 
Sjef Mynhardt Joubert kook al die afgelope vyf jaar in sy Stasie Straat Kombuis in die Paarl in die Wes-Kaap waar hy etes vir betalende gaste aanbied, as gasheer vir mediabekendstellings optree, en sy huis as ’n kreatiewe ruimte en fotografiese ateljee gebruik. Die boek,  My Stasie Straat Kombuis,  is ’n weerspieëling van sy kombuis en die etes wat hy daar aanbied. Mynhardt geur alles wat hy doen met geesdrif, lewenslus en sy liefde vir kos wat gespruit het uit sy lewenservaringe, van sy kinderjare op ’n plaas in die Oos-Vrystaat tot sy reise in die buiteland en oor Suid-Afrika heen. Sluit by hom aan in die gulhartige en warm omgewing van sy Stasie Straat Kombuis en skep jou eie kulinêre lekkernye, berei met  joie de vivre  en armsvol liefde.
 
 
Other titles by this author 
About the Author
Sjef Mynhardt het meer as ’n dekade gelede in die Kaap aangekom en aanvanklik in ’n wynkroeg in De Waterkant gewerk. Ná ’n mengelmoes van beroepe in die kunste, waaronder as balletdanser, het ’n hele wêreld van kos en wyn voor hom begin oopgaan en het hy verlief daarop geraak. Hy glo daar is niks meer bevredigend as om kos met liefde te berei en te sien hoe dit mense beïnvloed nie.
 
Sy pad het gelei na Riebeek-Kasteel, waar hy die formidabele Anton Espost en sy vrou, Cecile, ontmoet het. Dit was hulle droom om ’n plattelandse wynkroeg en eetplek te vestig, en só is Bar Bar Black Sheep gebore. Hulle het daarop gekonsentreer om kos wat plaaslik verkry is met liefde te berei. Hulle het gekonsentreer op kos wat voorberei is met plaaslike bestanddele en het dit in die eenvoudigste en geurigste kombinasies voorgesit.
 
Vyf jaar later het Mynhardt deelgeneem aan kykNET se werklikheidskookkompetisie Kokkedoor. Dit was die ondervinding van ’n leeftyd, en hy en sy kookmaat het die kompetisie gewen. Hulle het hulle eerste resepteboek vir die Kokkedoor-handelsmerk ontwerp en gestileer. Sjef Mynhardt was vir ’n paar jaar die handelsmerkambassadeur vir die KWV-bemarkingsveldtog en het meegewerk aan ’n wonderlike webwerf: www.mynhardt.co.za, wat tans aanlyn inhoud vir verskeie sosialemediaplatforms en gedrukte media verskaf.

Others also viewed

Daar is liefde in die lug – maar wat beteken dit vir Greg Heffley?    ’...
The very first lift-the-flap book, Where's Spot?, with a cuddly Spot soft toy - marking the...
The story of YouTube, the global phenomenon which single-handedly upended traditional media and...
On 18 September 2018, the Constitutional Court of South Africa declared it a protected right for...