South African Trade Publisher of the Year 2016, 2017 & 2019

Search for your favourite author or book

'n Enkele verhaal: Die jag op 'n reeksverkragter

ISBN 
9781776095629
Format 
Paperback
Recommended Price 
R300.00
Published 
October 2020
About the book: 
In November 2019 het My Only Story, Deon Wiggett se sensasionele weeklikse podsending, Suid- Afrika meegevoer in sy jag op die pedofiel wat hom as skoolseun verkrag het. Nou, in ’n Enkele verhaal,  vertel hy vir die eerste keer ’n Afrikaanse storie in Afrikaans – en voltooi hy sy ontmaskering van Willem Breytenbach, die eens briljante onderwyser en latere mediabaas wat ’n donker lewe gelei het.
 
Deon se missie om ’n monster aan die kaak te stel, neem hom van Breytenbach se hoërskooljare by die landbouskool op Kroonstad na die beroemde Grey Kollege in Bloemfontein en die globale reus Naspers. Maar sy kruistog gaan soveel verder. Namate hy sistemiese tekortkominge by beroemde sowel as obskure skole ondersoek, onthul hy ’n kultuur van aandadigheid wat ’n ernstige gevaar vir ál Suid-Afrika se kinders inhou.
 
In die loop van sy ondersoek na mans wat op kinders jag maak, skep Deon ’n model wat enigiemand kan gebruik om pedofiele in hul midde te identifiseer. In sy eie woorde: “Dit is aangenaam om voor te gee dat mans nie kinders verkrag nie, maar as jy eers aanvaar dat dit gebeur, word dit verrassend maklik om die roofdiere uit te ken. Wanneer jy eers ’n universele patroon met ’n spesifieke man se profiel vergelyk, kan jy die bedrog raaksien voor dit te laat is.”
 
’n Enkele verhaal  is ’n boeiende, deurdagte en verrassend ondeunde storie van een man se vasberadenheid om sy kindertrauma te verwerk, ander te help om hul eie demone in die oë te kyk, en om ’n stukkie skoonheid terug te wen uit die jeug wat hy verloor het.
 
Also available in English as  My Only Story
Other titles by this author 
About the Author
Deon Wiggett was briefly a journalist before he left the industry for an eighteen-year copywriting career, during which he won awards from D&AD, The One Show and The Loeries. He is now a full-time writer and activist. When Deon is not on a soapbox, he lives in Johannesburg with his husband and their cats.

Others also viewed

When André de Ruyter took over as Eskom CEO in January 2020, he quickly realised why it...
As Forbes magazine heads towards its centenary in 2017, this is a timely look at how the work of...
Weber has done it again! This latest offering is exactly what you’d expect from the world...
Tan Twan Eng's rich, absorbing, internationally bestselling, Man Booker-shortlisted epic...