Search for your favourite author or book

Nagdier

ISBN 
9781776380879
Format 
Trade Paperback
Recommended Price 
R330.00
Published 
July 2025
About the book: 

Bekende sakeman Peet Hoffman word laatnag in sy studeerkamer dood-geskiet.

’n Paar dae later word ’n egpaar in hul naweekhuis in die bos vermoor. Die vroulike slagoffer is op ’n veel gruweliker wyse om die lewe gebring, maar die modus operandi van al drie moorde toon duidelike ooreenkomste.

Waarom het Terese Ebersohn se moordenaar haar met soveel passie gehaat? En hoe hou die drie moorde verband met die ontvoering van ’n bejaarde man kort daarna?

Voor hy hom kom kry, bevind majoor Alek Strauss hom in die middel van ’n klein oorlog waarin die raaisels van die hede slegs deur die verlede opgelos kan word.

Other titles by this author 
About the Author

Marie Lotz  is die skrywer van drie spanningsromans: Roofdier, Polsslag  en Maalkolk  wat al drie Nielsen se topverkoperlyste gehaal het. Wanneer sy nie spanningsfiksie skryf nie, werk sy as vryskuttaalpraktisyn.

Others also viewed

Siekte is ’n natuurlike verskynsel sonder betekenis – potensieel ernstig, ja, maar...
Piet Matipa is jonk, swart, gay en Afrikaans. Sy rubrieke in Beeld  is baie gewild omdat dit...
The Xhosa Edition. This is a book of questions and answers. But you already know what you want...
From the Sunday Times bestselling author of Captain Corelli's Mandolin. ‘AI has the...