Search for your favourite author or book

Patagonië

ISBN 
9781415209295
Format 
Epub
Recommended Price 
R170.00
Published 
May 2018
About the book: 
Die middeljarige doktor Tertius Pelser is ʼn gefrustreerde Geskiedenisdosent aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy vervelige lewe verander handomkeer wanneer hy op ’n aand homself oorgee aan drank en by ’n jong student, Carina, slaap. ’n Paar dae later is daar foto’s van Tertius en Carina se sekseskapades op sosiale media. In ʼn poging om sy sukkelende loopbaan en huwelik te red, gaan konfronteer Tertius vir Carina by haar studentehuis. ʼn Struweling ontstaan en Carina val vanaf die oopplan-dakvertrek na die sitkamer op die grondvloer.
 
Tertius besluit om dadelik landuit te vlug. Sonder om enigiets aan sy vrou te verklap, bevind Tertius hom binne enkele ure op ʼn vliegtuig na Patagonië in Argentinië – op pad om die familielede wat hy daar het, en nog nooit ontmoet het nie, te gaan opspoor. Uiteindelik vind hy sy agterkleinneef, Alejo, en besluit Tertius om hier op sy plaas weg te kruip. Sy vrou, Alta, besluit dat hy nie so maklik gaan wegkom nie, en volg hom na Argentinië.
 
Onbewustelik herhaal Tertius sy voorvaders se geskiedenis. Basjan Greyling is Tertius se oupagrootjie wat ná die Anglo-Boereoorlog een van die Boere was wat die Argentynse regering se aanbod aanvaar het om weg te kom van die Britte en in Argentinië te gaan boer. Hier neem hy die valse identiteit van Jans Pelser aan, en besluit hy om as vry man weg te breek en op sy eie die vreemde landskap in te vaar.
Other titles by this author 
Listing 
About the Author
Maya Fowler is an award-winning author of four novels in English and Afrikaans. Her debut, The Elephant in the Room  (Kwela, 2009) was shortlisted for the Herman Charles Bosman award, her two novels in Afrikaans have been shortlisted for the Sanlam Prize for Youth Literature and the mer prize, and she was the 2011 winner of the Maskew Miller Longman Award for Youth Literature.

Others also viewed

'In the context of junk diets, embedded scientists, corrupt – or simply ignorant...
But Deliver Us from Evil  tells the story of two young women whose lives converge at a...
Southern Africa is the natural home of the richest and most diverse succulent flora in the world...
WARNING: NOT FOR THE FAINT-HEARTED!! Lerato Tshabalala first came to our attention in 2011 with...