Search for your favourite author or book

Sakgids: Soogdiere van Suider-Afrika

ISBN 
9781431701636
Format 
Epdf
Recommended Price 
R145.00
Published 
August 2011
About the book: 

Suider-Afrika is die tuiste van ’n rykdom soogdiersoorte, wat in ’n wye verskeidenheid habitats leef. Hierdie bondige boekie is die ideale sakgids om soogdiere in die streek mee uit te ken. Dis maklik om te gebruik en dek - in verbasende besonderhede - sowat 120 soogdiere, van die kleinste soogdiere (soos vlermuise, klaasneuse en skeerbekmuise) tot die grootste (soos olifante, leeus en renosters) en sluit ook seediersoorte in (soos robbe, dolfyne en walvisse). 

Met betroubare en kleurvolle illustrasies, bied hierdie gids beknopte inligting oor sleutel-identifiseringswenke, soortgelyke spesies, habitat, gedrag, dieet, dieregeluide, voortplanting, lewensduur, verspreiding en grootte. Duidelike afbeeldings van elke dier, verspreidingskaarte, silhoue‘tte wat diere se relatiewe grootte in verhouding tot die mens aandui en illustrasies van spore en mis, maak hierdie ’n noodsaaklike gids vir sowel toeriste as natuurliefhebbers.

Listing 

Others also viewed

Groter suider-Afrika is ryk aan soogdierspesies, byna 400- wat almal in hierdie ten volle...
On 16 August 2012, a contingent of the South African Police Service opened fire with R5 assault...
After highly successful outings with her first two books, Sharon Lurie, aka the Kosher Butcher...
Cheetah boasts that, because he can run faster than any other animal, he is the real king of the...