Search for your favourite author or book

Sasol Voels van Suider-Afrika

ISBN 
9781431702008
Format 
Epdf
Recommended Price 
R265.00
Published 
April 2012
About the book: 
Sasol Voëls van Suider-Afrika bly die streek se mees omvattend geïllustreerde en beproefde veldgids.
 
Hierdie vierde uitgawe is aansienlik verbter deur die toevoeging van groepinleidings en ’n deeglik hersiene teks, kalenderbalke wat spesies se voorkoms en broeitye toon, ’n afdeling oor 'hoe om die boek te gebruik', sowel as sonogramme wat lastige voëlgroepe se roepe weergee.
 
Die herontwerpte plate bevat noukeurige illustrasies, met byskrifte wat onderskeidende sleutelkenmerke aandui. Verspreidingskaarte toon die relatiewe getalrykheid van ’n spesie in die streek en dui ook stand- of trekvoëlstatus aan. Hierdie omvattende uitkenningsgids, deur die voorste voëlkykkenners geskryf, is onontbeerlik vir elke voëlkyker.
Other titles by this author