Search for your favourite author or book

Sluitstuk

ISBN 
9780637005432
Format 
Epub
Recommended Price 
R246.00
Published 
September 2023
About the book: 
Drie jaar ná die dood van een van Afrikaans se grootste skrywers kom ’n Nederlandse vrou Suid-Afrika toe om navorsing vir ’n biografie oor sy lewe te doen. Sy besoek die skrywer se voormalige vakleerling om meer oor die enigmatiese figuur vas te stel – bykans dertig jaar nadat die twee mans se weë pynlik geskei het.
 
Onder die priemende blik van die biograaf lê die vakleerling, eens ’n aspirantskrywer en nou ’n Zen-monnik, sy lewe bloot in die bestek van een nag.
 
Wie was die groot skrywer werklik? Waarom was die impak van sy kluisenaarsbestaan en sy werk op die jong man so enorm? Hoekom het die skrywer hom na sy eensame sterfbed laat kom? Wat is die ware rede agter die Nederlander se biografie?
 
Sluitstuk  is ’n elegiese roman oor verlange, verlies, wraak en versoening wat die roete na stilte en die skeppingsimpuls oopskryf.
Other titles by this author 
Listing 
About the Author
Johann Rossouw het grootgeword in Verwoerdburg (nou Centurion). Hy studeer filosofie in Suid-Afrika, Frankryk en Australië. Sy debuutroman, ’n Rooi Z4 en ’n Renaissance-kasteel, is in 2007 uitgereik. Hy is ook die skrywer van die Beeld-rubriek Glasoog, en sy artikels verskyn in verskeie Suid-Afrikaanse en buitelandse koerante en tydskrifte. Hy doseer filosofie en woon saam met sy gesin in Bloemfontein.

Others also viewed

In 2008 is Suid-Afrika tot in sy fondamente geskud deur die omstrede Reitz-video-voorval aan die...
Magnificent South Africa is a title which places its main emphasis on the country's wide-...
Vir die beginner kan die groot aantal boomspesies wat in Suider-Afrika voorkom – sowat 1...
‘You would not think it to look at you, but your voice, when you use it: akin to a god...