Search for your favourite author or book

Strafjaart

ISBN 
9781485904045
Format 
Epub
Recommended Price 
R210.00
Published 
March 2019
About the book: 
’n Foonoproep uit Pollsmoor laat ’n navorser se lewe kantel. Só na aan hom was die vrou wat bel dat hy algaande die biblioteek, waar hy die eerste skepe aan die Kaap bestudeer, vir dié tronk se waglokaal verruil.
 
Gou kom hy agter dat dié plek is nie altyd so strak soos sy tralies nie: daar is ’n eertydse skipper wat hier vetkoek verkoop; ’n vrouebewaarder met jazz in haar stem; selfs karaoke-aande in die skaduwee van die lemmetjiesdraad. 
 
Dieper en dieper word hy ingetrek by die lewens van diegene wat wag om ín- of uítgelaat te word. Net toe hy dink hy kan met sekerheid sê wie aan watter kant van die hoë mure staan, moet hy begryp dat verdriet bodemloos is.
 
In Theo Kemp se Strafjaart  vervloei die strominge van ’n lewe met dié van die Suid-Afrikaanse werklikheid, waar hoop en wanhoop ’n maalkolk kan raak.
Other titles by this author 
Listing 

Others also viewed

From the Sunday Times  bestselling author of A Sting In The Tale  comes this practical...
East Africa boasts a tremendous natural wealth of flora – indigenous, naturalized and exotic...
Welcome to Vivo, where the only cemetery is run by old Mateus and his dog, God. Mateus’s...
Sasol First Field Guide to Frogs of Southern Africa  is a fascinating guide to the...