Search for your favourite author or book

Stroomop

ISBN 
9781776091171
Format 
Trade Paperback
Recommended Price 
R230.00
Published 
April 2018
About the book: 
Hoekom bel ’n boosaardige eerste minister ’n koerantredakteur skuins na sonop by sy huis? Waarom wil ’n kabinetsminister ’n verslaggewer met die vuiste bydam? En hoe kry ’n Afrikaanse koerant dit reg om tydens die apartheidsjare volledig oor ANC-beleidstandpunte te rapporteer?
 
Harald Pakendorf beantwoord dié vrae, en nog vele meer, in sy herinneringstog deur ’n onstuimige tydperk in Suid-Afrika se geskiedenis. Die grootkoppe van apartheid kon hierdie “liberale” redakteur van Oggendblad  (1972–1979) en Die Vaderland  (1980–1986) met moeite voor hulle oë verdra. Pakendorf moes John Vorster en PW Botha se woedebuie telkemale trotseer.
 
Vandag sal lesers hul koppe in ongeloof skud oor die scenario’s wat tydens apartheid se hoogbloei in die voorkamers van politieke mag afgespeel het. Maar vir die politieke base van destyds was Harald Pakendorf sy tyd ver vooruit. Só ver dat hulle hom sonder meer uit sy redakteurstoel verwyder het. ’n Fassinerende, persoonlike terugblik wat lesers sal boei.
Other titles by this author 

Others also viewed

Between the interiors of the USA and Mexico lies a borderland: Amexica.   A terrain...
Find out everything you need to know about the heroic King of Wakanda, Black Panther.  ...
Jamie Oliver is back with brilliantly easy, healthy, flavour-packed, accessible and affordable...
Ja, die ketodieet is al lankal bekend; jy het daarvan gehoor maar verstaan die konsep nie...