Search for your favourite author or book

Die Afloerder

Event Date 
29 February 2020
Venue 
Innikraal Restaurant, Colesberg

___________________________________________________________________________

Penguin Random House nooi jou hartlik uit na die bekendstelling van  Die Afloerder 

Datum:  Saterdag, 29 Februarie 2020
Tyd:  11:00
Plek:  Innikraal Restaurant, D'Urban Row 3, Colesberg, 9795
Verversings:  Kaas en wyn (kontant kroeg ook beskikbaar) 
Toegang:  Gratis
RSVP:  anel.heydenrych@gmail.com of  info@innikraal.co.za  of 076 06 35 732
 
Die  Afloerder  en  Malhuis,  Anel se eerste boek, sal te koop wees
 
Oor die boek:
 
Iemand loer vanuit die skadus.
 
Verslaggewer Anje Bruwer verruil die gevaarlike strate van Johannesburg vir ’n rustiger lewe in Colesberg om ’n misdaadroman te skryf.
 
Maar die platteland is allermins rustig: Daar is ’n menseslagter los wie se gruweldade Anje se kop laat duisel. Sy loop haar in sy web vas wanneer sy vir die plaaslike koerant oor sy moorde begin verslag lewer.
Kaptein Siegfried Scholtz – ’n man wie se skuldgevoelens hom ry – kan nie anders nie as om Anje by die ondersoek te betrek.
Gaan hulle daarin slaag om te keer dat die moordenaar nog ’n lewe wreed in ’n bloederige swartsak verpak?
Die afloerder is ’n sielkundige riller so koud en donker as kan kom.