Search for your favourite author or book

Die Laksman se dogter

Event Date 
28 September 2017
Venue 
Graffiti Boeke, Menlyn Maine, Pretoria

_______________________________________________________________________________________

Penguin Random House en Graffiti Boeke bied aan Die Laksman se dogter :

Datum:  Donderdag, 28 September 2017

Tyd  18:00 vir 18:30

Plek:  Graffiti Boeke, Menlyn Maine

Adres:  Central Square, Menlyn Maine, h/v Aramist- & Corobaylaan, Waterkloof Glen, Pretoria

Koste: R60 per persoon

Bespreek teen Dinsday, 26 September by menlyn@graffitibooks.co.za of 021 784 2030

>> Kliek hier  om 'n uittreksel te lees

________________________________________________________________________________________

About the book:

Die vertrek waarin ek my opgestopte voëltjies in glaskissies uitgestal het, het ek ontruim. Ek het die voëleiertjies en -neste, asook kassette met opnames van voëlgeluide in bokse gepak. Dit het my te veel aan Pa laat dink, en aan hom wou ek nie dink nie. Want dan het ek vir Annalisa gehaat, en ’n ma mag haar kind nie haat nie.
 
Hulle is onder ’n kareeboom in die agtererf besig om na ’n janfiskaal te kyk wanneer haar tronkdokter-pa by Rosaria bieg dat ook hý ’n tipe laksman is. By Pretoria-Sentraal, waar hy die gehangdes se doodsertifikate uitreik, dien hy soms ook die genadeskoot toe. Maar sê nou van daardie tereggesteldes was onskuldig? wonder Rosaria.
 
Nou, jare later, en kort ná die raaiselagtige dood van haar dogter Annalisa, onthou Rosarie die nonnetjiesuil wat sy en haar aweregse dogter grootgemaak het. Dit was voor Annalisa se rockmusiek van haar ’n kultusfiguur gemaak het, en voordat sy haar rug op haar ma gedraai het.
 
Rosaria se worsteling strek verder terug as haar kind se dood. Haar verlede word verder oopgeruk wanneer Annalisa se dogtertjie haar verskyning maak – ’n kleinkind waarvan Rosarie nooit geweet het nie.
 
Maar hoe het haar dogter gesterf? En hoe naby aan ’n laksman is Rosaria self?