Search for your favourite author or book

Stella se Dogters

Event Date 
19 May 2022
Venue 
Netwerk24

Die boek:
 
Stella Bennet van die plaas Ommekeer het drie dogters – en hulle het probleme.
 
Niemand sal Julia glo dat sy in haar huwelik verbaal mishandel word nie.
 
Niemand sal begryp dat Pauli verlief is op die verkeerde man nie. Veral aangesien sy so ’n verstandige man aan haar sy het.
 
Niemand sal ooit weet hoe broos Teresa is nie. Want sy is hierdie hardekwas advokaat wat geen man nodig het nie.
 
Die drie dogters se lewens word verder gekompliseer deur vier manne: Frans de Wet, wat langsaan op Genotsfontein boer, Martin Joubert, die prokureur op die dorp, ’n plaaslike dokter James Cameron, en dokter Michael de Waal, ’n chirurg wat vanuit die buiteland terugkom om op sy tuisdorp te praktiseer.
 
Al drie Stella se dogters ly tot ’n mate aan ontkenning, ontkenning van wat werklik is en van wat hulle regtig wil hê.
Maar die lewe het ’n manier om die erkenning van waarhede af te dwing.
___________________________________________________________________________
 
Op 'n Mooi Dag

Stella se Dogters

 Helene de Kock

Koop nou

___________________________________________________________________________